Selfvernietigingsdrang?

‘n Mens raak stadiger soos wat jy ouer word. Dit geld nie net vir jou hardloopspoed nie. Dit is asof ‘n mens net eenvoudige nie meer 24 uur se goed in ‘n dag kan inprop nie. In my geval word die situasie sekerlik vererger deur die feit dat ek al hoe later lê wanneer dit nie vir ‘n wekker nodig is om my te herinner aan ‘n dag se pligte nie. Soos op elke Saterdag, Sondag, Werkersdag, Vryheidsdag, Jeugdag of Vrouedag.

Hierdie stadiger word, het allerlei implikasies vir hoeveel en wat ‘n mens in ‘n gegewe tyd kan uitrig. Belangrike goed bly in die slag. Soos om te gaan fietsry, of jou hand aan ‘n blog te waag, of jou ruite te was, of jou tuin reg te ruk. Jy raak al hoe meer gekonfronteer met keuses: Dit is werkersdag, gaan jy die huis ‘n lekker skoonmaak gee of eerder sit en blog? Gaan jy ‘n slag een van die voertuie was of eerder ‘n boek lees? Die verkeerde keuse is gewoonlik die lekker een en kom nie sonder skuldgevoelens nie. Die skuldgevoelens is egter nie sterk genoeg om jou ‘n beter keuse te laat maak nie!!!

Die afgelope paar maande was stil, maar nie sonder betekenis nie. Op politieke gebied is ek só stomgeslaan deur al die gebeure en dramas dat ek my maar sal weerhou daarvan om my menings en denke daaroor te openbaar. Dit is asof ek soms doelbewus nie meer die nuus wil kyk nie, nie die koerante wil lees nie, nie meer wil weet wat in die buitewêreld aangaan nie. Dit voel vir my dit word al moeiliker om tussen die waarheid, fopnuus en doelbewuste breinspoeling te onderskei. Dit is egter ook verkeerd om jou in jou eie veilige kokon toe te vou en te maak asof al die armoede, woede haat en veral vernietigingsdrang nie bestaan nie.

Vernietigingsdrang? Ek dink die ANC het ‘n onbewuste vernietigingsdrang. Daarom dat hulle klou aan hulle verkeerde keuses vir leierskap en sommer ondersteuning verleen aan nog toekomstige verkeerde keuses. Niemand hoef met my hieroor saam te stem nie, ek weet dat agter dit eintlik ‘n ongebreidelde magsbeheptheid sit. Sekere mense van Coligny het ‘n vernietigingsdrang. Daarom dat hulle ‘n hele dorp sal afbrand en vernietig in die naam van, wat? Geregtigheid? Wraak? Regstellende aksie? Woede oor die dood van ‘n kind ten opsigte waarvan die vader nie moeite doen om hom op te spoor en te gaan uitken nie? Die mense wat onverantwoordelike opmerkings op facebook maak , het ‘n onbewuste vernietingsdrang. In die naam van vryheid van spraak word allerlei opmerkings gemaak wat hulle teen hierdie tyd behoort te weet, nie ongesiens en ongestraf verby sal gaan nie.

Ons menslike spesie het ‘n vernietigingsdrang met ons eetgewoontes. Dit het ek die afgelope tyd deeglik besef nadat ek ‘n paar boeke gelees het en opnuut besef het hoe die modernisering van die mensdom, die massaproduksie, die winsgedrewendheid, eintlik maak dat ons kos al hoe minder gesond raak en hoe ons beheptheid met lekker eet ons al hoe ongesonder keuses laat maak. Ons skep ons eie diabetes, obesiteit, selfs kanker. Soms uit onkunde, maar dikwels ook uit ‘n beheptheid met die lekkerte van genot-van-die-oomblik. In my gegoogle na meer kennis oor sekere dele van hierdie onderwerp, het ek afgekom op ‘n blog wat Jimi le Roux al ‘n paar jaar gelede tong-in-die-kies hieroor geskryf het. Ek kan nogal daarmee identifiseer. Die artikel laat ‘n mens net opnuut besef dat ons oorgelewer is aan die sisteme en dat daarbaie min is wat ‘n mens daaraan kan doen.

Ek moet baie versigtig wees wat ek verder hieroor skryf, want ek het al beleef dat daar baie mense is wat jou skeef aankyk en dink dat jy die kluts nou heeltemal kwyt geraak het. Ander wat jou reguit in sekere tale vertel watter onsin jy praat. As ek te min sê, gee ek te min agtergrondsperspektief vir ‘n gebalanseerde leser. As ek te veel sê, openbaar ek my gebrek aan kennis oor sekere onderwerpe, soos my ex-biologie onderwyser-man meewarig sal sê, wel wetende dat ek nie daai vak verder as standerd sewe geneem het of wou neem nie. Let wel my ex-onderwyser man, nie my ex-man nie. Ons leef nog in vrede saam ten spyte van uiteenlopende sienings oor hierdie saak. Ek is ook deeglik bewus daarvan dat daar nie absolute waarhede is nie, dat almal se sienings maar soms oordrewe na een kant toe oorhel en dat ‘n mens die balans êrens tussen-in moet vind.

Laat ek eerder my storie by die begin begin. Ek was maar altyd lief om na alternatiewe geneeskunde te kyk en het al genoeg onderonsies met geneeshere gehad om te weet dat hulle maar ook my simptome redelik oppervlakkig behandel. Ek het nog altyd geglo dat reg eet die antwoord op baie gesondheidsprobleme is, maar kon myself nie aldag sover bring om reg te eet nie. Dit is ook seker maar deel van vernietigingsdrang. Om te weet wat die regte ding is om te doen en om dit werklik te doen, is soms wêrelde van mekaar verwyder. Erens in my agterkop het ek egter wel altyd geglo dat ek sal reg eet as dit noodsaaklik word vir my oorlewingsdrang. Toe ek dus ‘n baie netelige maar tog baie pynlike probleempie ontwikkel (met die naam van aambeie), was die verleentheid daarvan genoeg om my na Dr Google te laat gryp eerder as om ‘n geneesheer te besoek. Dit was ‘n redelike interessante soektog wat tot baie interessante ontdekkings gelei het. Eerstens is daar natuurlik die talle boererate. Dan die Chinese salwe en pille (waarvan laasgenoemde terloops met groot soektogte, glad nie in Suid-Afrika gevind kon word nie en ek ook nie ingevoer kon kry nie). Hierdie rate is almal daarop gemik om die simptome te behandel en die aambei se pyn te verlig of oor tyd te laat weggaan. Tipiese simptoombehandeling. Dan is daar die oneindige verwysings na twee boeke wat ‘n mens kan koop, natuurlik deur Amerikaners geskryf en wat jy in dollars moet betaal. Ek was eers baie teensinnig, veral vir daai dollarstorie, maar maak toe ook ‘n paar somme en vertel vir my man dat dit wat ek aan die boek gaan bestee, lag-lag ‘n doktersondersoek of twee sal kan betaal, indien ek dan nou nie laasgenoemde stap neem nie.

Om te kies watter een van die 2 boeke ek moet koop, was maklik. Die een gee drie gratis e-boeke by en klink dus outomaties na die beter waarde vir geld.

Ek begin toe die boek met groot verwagting lees, later nie sonder opstand nie. Die boek is natuurlik in Amerikaanse Engels en boonop het dit ‘n Amerikaanse verwysingsraamwerk, met die gevolg dat elke enkele kruie en pil en salf vir my vreemd is en ek nie weet wat dit in Afrikaans genoem word of selfs net waar ek dit kan kry nie. Ek weet nou nog nie regtig nie en moet eerlik bely dat ek toe maar na ‘n paar bekende goed gegryp en die hele proses vir myself verSuid-Afrikaans het – my eie weergawe.

Om terug te kom tot die kern van die boek: Aambei is ‘n simptoom en die oorsaak is spysverteringsprobleme. Spysverteringsprobleme word veroorsaak deur toksemie as gevolg van ons verkeerde eetgewoontes, deur te veel suur en gevolglik candiase. Die oplossing is eenvoudig: Reinig en detoksifiseer jou spysverteringstelsel! Roei sommer terselfdertyd die candiase uit, ontwurm en ontparasiteer jouself. En sorg dat jy aarna reg eet.

Hoe detoksifiseer jy? Deur te vas natuurlik. Die vas self loop in ‘n paar fases. In fase een eet jy net vrugte en groente vir so vier dae en die laaste dag of dalk twee net rou groente en vrugte. In fase twee doen jy die “juicing-ding”, d.w.s. jy koop vir jou ‘n versapper en drink net vrugte en groente-sappe vir so drie dae. Toksiese stowwe sal nie jou liggaam self verlaat nie, jy moet dit bewerkstellig deur enema’s. Gedurende die hele proses, moet jy nie kraanwater gebruik nie, want dit is gelaai met allerlei onsuiwerhede en swaar metale. Koop mineraalwater of sorg dat jou water gefiltreer is.

Nou moet ek eerlik beken: Ek was bietjie skepties en huiwerig. Eerstens was ek reeds gefrustreerd omdat ek nou nie toegang tot al die Chinese salwe en pille kon kry nie. Ek het gedog dit moet nou ten alle koste deel van die behandeling wees. Ek het wel ‘n alternatiewe Chinese salf opgespoor sowel as ‘n goeie Afrika kruiepil. Ek was veral skepties oor die vas-besigheid, want eerstens is ek mos lief vir my kossies en tweedens sou die aankoop van ‘n “juicer,” enema en waterfilter nog ekstra uitgawes meebring. Ek begin toe met so ‘n halfhartige amper-reg eet – minstens net vrugte en groente en intussen moet ek eers weer navorsing doen waar om al die ander goed te kry, want op Ceres is dit nie. Uiteindelik na nog ‘n dag van pyn en lyding besluit ek ek sal hierdie raad nougeset volg en alles aankoop wat aangekoop moet word: “Versapper (die goedkoopste wat jy kan kry, nie die aanbevole R2000 produk nie); enema en filterbeker (laasgenoemde darem sommer by Clicks raakgevat). Terwyl ek wag vir my bestellings om per koerier op te daag, lees ek die boek klaar en volg solank op met die volgende boek. Was hierdie boek nou ‘n openbaring van ‘n ander aard. Skielik het ek die proses van vas en die waarde van vas baie beter verstaan en besluit om my vas baie noukeurig en reg te volg en sommer aan te vul met ‘n watervas. Ek neem my ook voor om daarna baie beter aandag aan my eetgewoontes te gee.

Nou kyk, vas is nie lekker nie. Ek het in die hele tyd net water, vrugte en groentesappe en bitter kruietee gedrink. Dis nou rooibostee, heuningbostee, gemmer- en lemoentee, rooibos vanillatee en ‘n mengsel van rooibos-heuning en aalwyntee. Laasgenoemde veral was galbitter en op dag 8 het ek een besluit geneem: so ongesond soos dit mag wees, my versoetertjie sal ek gebruik.

Die eetreëls wat ‘n mens moet volg,is eintlik baie eenvoudig, maar vir ‘n boeremeisie wat op aartappels rys en vleis grootgemaak is, tog ‘n groot opoffering. Ek slaag nou nog nie daarin om streng by hierdie reëls te hou nie!

· Moenie drink terwyl jy eet nie.

· Moenie gekonsentreerde kosse saam eet nie. Dit is nou kosse wat min vog bevat, bv vleis of neute.

· Moenie vrugte saam met gekonsentreerde kosse eet nie.

· Moenie gekookte groente saam met vrugte eet nie.

· Moenie stysel saam met vleis eet nie – eet dit saam met vrugte of groente.

Ek gaan nie verder op die behandeling van die probleem ingaan nie, want dit is nie die doel van hierdie blog nie. Ek kan maar net sê dit het gewerk en my probleem is iets van die verlede. Die groot uitdaging is nou om my leefstyl sodanig volhoubaar te verander dat dit nie terugkeer nie. As ekstra bonus vir die opofferings van die vas, is ek nou 4 kilogram ligter. Ek het sewe verloor tydens die vas, maar ‘n mens tel dit vinnig weer op wanneer jy begin eet, al eet jy hoe “reg.”

Die tweede boek wat ek gelees het se titel is:

How and when to be your own Doctor, deur Dr Isabelle A Moser and Steve Solomon. Ek gaan nie in die detail van die boek uitbrei nie. Natuurlik is die skrywers ‘n sekere standpunt toegedaan en natuurlik is daar baie kritiek op die geneigdheid van geneeshere om simptome te behandel in plaas van die oorsaak. Hulle het beslis ‘n punt beet. Ek glo hulle standpunte oor die waarde van korrek eet, maar sal dit waarskynlik nooit tot op die uiterstes kan volg nie. Inteendeel, ek haak reeds vas by die organies eet gedeelte. Natuurlik sal ek graag organies wil eet, maar, ek is nie ‘n in posisie om self my eie kos te kweek nie, ek kan nie organiese produkte volhoubaar bekostig nie en organiese produkte is bitter skaars op plattelandse dorpies. Ek sal my waarskynlik ook nie in geval van ernstige siekte self kan genees nie, want saam met dit waaroor ek netnou sal uitbrei, kom ook weer talle kruie en goed wat ek nie ken nie, nie vrye toegang het nie en nie gaan weet wanneer en hoe om te gebruik nie. Ek weet wel dat ek waarskynlik in so ‘n geval eerder ‘n homeopaat of naturopaat sal besoek as ‘n gewone geneesheer – ter wille van die beginsel om die oorsaak te behandel eerder as die simptome.

Daar is egter een punt wat ek wel koop, handel oor die waarde van vas. Ons het grootgeword om te dink dat vas ‘n godsdienstige gebruik is wat jy uitvoer om sekere verligting in jou gemoed oor kwessies te kry, of bloot as deel van ‘n godsdienstige ritueel, soos die Moslems se Ramadaan. Vas het egter besondere gesondheidsvoordele. Tydens vas gee jy jou organe kans om ontslae te raak van die talle toksiese stowwe wat opgebou het as gevolg van verkeerde eetgewoontes. Hulle kan dus ook met ‘n lang genoeg vas in ‘n toestand van rus ingaan en geleentheid kry om te genees. Vir gesonde mense word ‘n vas van 12 dae per jaar aanbeveel, met die toegewing dat jy dit op alternatiewe maniere kan doen, byvoorbeeld, een dag per week, twee dae agtermekaar per maand ensovoorts.

Iets anders waarvan ek baie bewus geraak het, nie net deur die boek nie, enige gegoogle deur talle internet artikels sal dit kan bevestig, is hoe ongesond ons kosse geraak het. Joghurt het lank nie meer die gesondheidsvoordele van weleer nie, want die melk word gekook of gepasteuriseer of wat ook al. Ons vrugte en groente word gekweek in arm gronde en vol gif gespuit om die goggas weg te hou. Margarien word van teer gemaak, so ook die versoeters wat ek gebruik. Die koeie en hoenders en skape en varke word vol antibiotikas gespuit om hulle gesond te hou, die arme hoenders sit heeldag in klein hokkies en eiers lê en het gee lewe nie. Om nie te praat van hoe ongesond ons geliefde gaskoeldranke is nie – VERAL die dieetmodelle, soos Tab en Dieet Coke.

Jul sien dus liewe vriende, ek was verkeerd toe ek gedink het dit is net rokers, dwelmslawe, kwaai drinkers en mense met ernstige obesiteit wat ‘n selfvernietigingsdrang het met hulle leefstylgewoontes. Ons het dit almal, want ons help skep aan ‘n samelewing waar ons altyd gryp na die volgende nuutjie en verleidelike resep: hoe meer room, hoe lekkerder. Ons peusel ons dood aan aartappelskyfies en neute en koekies en drink ons nie net dood aan alkohol nie, maar ook gewone koeldranke. Die wêreld daarbuite het ‘n slagveld geword waar net die sterkstes sal oorleef. Om nie te praat van al die bestraling wat ons deur ons selfone, internet en so meer optel nie.

Wat van myself? Ek probeer nou kliphard kyk na my leefstyl en eetgewoontes, maar weet ook dat, soos geleenthede opduik om lekker en verkeerd te eet, soos die versoekings voor my neergesit word, soos wat die inhoud van die boek vervaag, ek ook weer in verkeerde eetgewoontes sal verval. Totdat die volgende aanval van aambeie, of op watter manier my verkeerde eetgewoontes ook al wil presipiteer, weer toeslaan.

Op ‘n baie meer ernstige noot: Ek wens dat mense tog meer bewus gemaak wil word van die gevare van ons verkeerde lewensstyle. Ek noem aan ‘n verpleegsuster die inhoud van die boek en dat geneeshere mos net simtoomverligting doen. Sy sê toe presies wat Dr Moser se boek ook sê: Geneeshere doen dit omdat mense nie gereed is om die waarheid onder die oë te kyk nie. Ons wil pille hê wat ons gesond maak en nie hoor dat ons met ‘n vas en met ‘n gesonder lewensstyl self iets aan ons probleem kan doen nie. Dit is as’t ware ons selfvernietigingsdrang in aksie.

N.S.

Hierdie blog is tong-in-die-kies geskryf rakende die kwessie van selfvernietiging. Daar is egter baie waarheidsmomente in!  Die kwessie van gesonde leefstyl en eetgewoontes is dodelik ernstig.  Iemand wat die saak ersntig opneem, sal egter self dieper lees en nie op hierdie bietjie oppervlakkige inligting staatmaak nie.

Die boeke wat ek gelees het:

Hemmorhoid No More – Jessica Wright. Ek beveel die boek sterk aan vir mense met aambeie, dit is beter raad as boererate omdat dit die probleem by die oorsaak aanspreek.

http://www.hemorrhoidnomore.com/

How and when to be your own Doctor, deur Dr Isabelle A Moser and Steve Solomon

Lessons from the Miracle Doctors – Jon Barron

En nog ander wat ek nie nou hier gaan noem nie. ‘n Mens kry die ander drie boeke wanneer jy Jessica Wright se boek bestel. Alle boeke is slegs elektronies beskikbaar.

RESEP VIR PERSOONLIKE GROEI–Lê JOU HAAT EN WOEDE AF EN VERGEWE

Miskien is almal nie toegewyd aan persoonlike groei nie. Mense is immers verskillend en hulle lewensdoelwitte is verskillend. Persoonlik glo ek dat persoonlike groei die wenresep tot ‘n sinvolle en suksesvolle bestaan is. Ek het nog nie gehoor van mense wat geen doelwitte vir hulleself stel, wat wel uitermate sukses in die lewe bereik het nie. Ek herinner my aan ‘n navorsingstudie wat ek eenmaal gelees het, waarop ek ongelukkig nie nou my hande kan lê nie, daarom ontgaan die presiese syfers my. Die studie het behels dat ‘n klomp pas afgestudeerde studente oor hulle lewensdoelwitte uitgevra is. Daar is ook gevra wat hulle met hulle doelwitte doen? Een groep het gesê dat hulle dit neerskryf en doelbewus najaag. Die tweede groep het te kenne gegee dat hulle hul doelwitte in hulle kop het, maar dit nie neerskryf nie. Die derde groep het gee besondere doelwitte gestel nie. Na 10 jaar is dieselfde groep mense opgespoor en daar is ingegaan op wat hulle verdien, watter posisies hulle beklee en hulle mate van sukses. Die groep wat hulle doelwitte neergeskryf het, het merkwaardig beter presteer as die tweede en derde groepe en het ook aansienlik beter verdien. Die tweede groep het beter verdien as die derde groep, maar was steeds merkbaar agter by die eerste groep.

Toegegee, nie almal se waardes is ingestel op maksimum verdienste en rykdom nie. Dit gaan ook nie noodwendig altyd oor rykdom nie, maar oor sakesukses, bevredigende werksomstandighede, die gevoel dat jy iets bereik het.

Ons sit in Suid-Afrika met omstandighede van besondere ongelykheid. Ons hoor aldag dat die verskil tussen die rykstes en die armstes die grootste in die wêreld is. Ek gaan dit nie betwis nie, ek wil net myself verklaar: Ek is nie een van die armstes nie, maar ook nie een van die rykes nie. Ek lê seker maar êrens in die laer middel. In terme van geld kan ek dus nie van besondere sukses praat nie. Ek meet my sukses of gebrek daaraan dalk net aan ander dinge as geld. Wat ek wel van myself kan sê, is dat ek toegewyd is aan persoonlike groei en lewenslange leer. Ek hoop om op 80 nog steeds te kan sê dat ek besig is om te werk aan nuwe vaardighede, of beter kommunikasievermoëns, of dalk ‘n sterker karakter. Wat my doelwitte vir daardie tydperk ook al mag wees!

Die vraag wat ek egter nie anders kan as om myself af te vra nie, of oor te wonder nie, is oor die miljoene werklose armes in ons land. Die regering laat dit altyd klink asof alle armoede te wyte is aan uitbuiting deur die rykes in die verlede en ek wil op geen manier ontken dat uitbuiting wel en dalk meer dikwels as wat ons graag wil erken, plaasgevind het nie. Maar ek dink darem dit is te ‘n gemaklike antwoord om alle armoede van vandag aan uitbuiting toe te skryf. Natuurlik pas dit die regering van die dag om hierdie gedagte holrug te ry. Hulle het die besondere gawe ontwikkel om allerlei wette te maak wat veronderstel is om die armes te bevoordeel, maar hoe meer wette hulle maak, hoe meer word die armes benadeel. Byvoorbeeld ons arbeidswette wat werkgewers huiwerig maak om nog mense in diens te neem. Die goedbedoelde “all pay” wat armoede moet verlig, maar uitstekend daarin slaag om nog talle meer “ongewenste kindertjies” (bedoelende wat die ouers om die verkeerde rede in die wêreld gebring het en nie voor kan sorg nie) in die wêreld te help besorg ter wille van ‘n skamele paar honderd rand per maand – nog kinders wat nie geleentheid gaan kry nie en nog kinders wat êrens by die sisteem gaan uitval, waarvoor ‘n swak onderwyssisteem dan weer die skuld moet kry, sonder om te veel vrae te vra oor ouers se betrokkenheid by hulle kinders, die kinders se vermoë om te leer, ouers se vermoë om die waarde van onderrig in te sien en dit aan te moedig, die rol wat bendegeweld, dwelmhandel en so meer speel in die swak skooluitset.

Waaroor ek eintlik vandag wil skryf, is die rol wat doelgerigte nastreef van persoonlike groei speel in mense se sukses en die vermoë om uit te styg. Persoonlike groei kan baie dinge behels, byvoorbeeld studie om meer kennis te bekom, inoefening van vaardighede tot jy ‘n meester op die gebied is, bereidheid om nie eensydig een stuk kennis en vaardigheid te bekom nie, maar ook ander, sodat die verbintenis tussen vaardighede later kan lei tot ‘n unieke samestelling van vaardighede wat jou ‘n kenner maak. Persoonlike groei kan egter ook behels om jou persoonlike vrese te oorkom, om ten spyte van introversie te leer funskioneer in ‘n ekstroverte wêreld. Die belangrikste vorm van persoonlike groei lê egter in die vorming van en groei in jou karakter. Ons almal leer oor die jare dalk om ons ongeduld te beteuel en meer geduldig te wees, of om ons humeur beter in toom te hou of om ons harde kante te slyp tot dit sagter op die karakter val.

Een van die belangrikste dinge waarin ‘n mens persoonlik kan en moet groei, is egter in die vermoë om te vergewe. Die rede hiervoor is dat onvergewensgesindheid lei tot bitterheid en bitterheid vergiftig jou siel. Net soos ‘n plant wat met gif gespuit is, nie kan floreer en groei nie, so is dit met die mens ook. Iemand het tereg gesê: Om nie te kan vergewe nie, is soos om elke dag ‘n lepel gif te drink en te glo die ou wat jou onreg aangedoen het, sal doodgaan.

Net so is dit in die politiek ongelukkig ook. Mense word opgestook met haat en skeefgetrekte boodskappe ter wille van partypolitieke belang. Dit pas die agenda van ‘n hele paar partye om die geskiedenis verkeerd aan te haal en te hamer op die onregte van die verlede. Dit het die inding geraak om wit mense te “name” en te “shame.” Hiervolgens sal alle grond gesteel wees, is dit blykbaar Afrikaners wat myne begin en swartes uitgebuit het (daar word gerieflikheidshalwe vergeet dat Afrikaners deel van die uitgebuite mynwerkers was), was dit die boere wat mense uitgebuit het en was die Engelse nog altyd engelties.  Die kompleksiteit van ons geskiedenis raak verlore in die eensydigheid. Omdat ek nie ‘n histroikus is nie, gaan ek nie verder hierop in nie en is dit ook nie die doel van hierdie skrywe nie.

Ek wil eintlik net vir alle mense wat vasgevang is in ‘n kultuur van haat en woede,

Vir alle mense wat glo onreg kan met nuwe onreg reggemaak word,

Vir alle mense wat die geskiedenis verdraai vir politieke gewin,

Vir alle mense wat met armoede worstel en daaruit wil kom, die volgende sê:

Die lewe is nie regverdig nie en alle mense van alle rasse, tale en kulture het al met onreg te doen gekry.

Om daaroor te tob en broei en ‘n haat te ontwikkel, vergiftig jou eie siel.

As jy nie kan vergewe nie, kan jy nie groei nie.

As jy nie kan groei nie, gaan alles bly soos dit altyd was vir jou en gaan jy nêrens kom nie.

Dis waar, almal het ‘n hupstoot êrens nodig. Hulp uit een of ander oord kan daardie hupstoot wees. Maar dan moet jou eie selfdissipline, jou eie doelgerigtheid, jou eie strewe na groei, jou eie aflê van die dinge van die verlede inskop, anders gaan die hupstoot jou nêrens bring nie.

Hou op om altyd die skuld by ander mense te soek en begin net vandag by jouself. Lê jou haat, bitterheid, woede, onvergewnsgesindheid af, sodat jy kan begin vorentoe kyk en vorentoe leef. Die lewe is te kort om in die ellende van geestelike armoede te leef.

Die grootste geskenk wat enige politieke party aan sy kiesers kan gee, is om hulel te bemagtig met hierdie boodskap: As jy wil vorentoe, lê die verlede af en dink nuut oor dinge.

Is dit te veel gevra?

Terugblik en vooruitskouing

Met die deurkyk van talle facebookinskrywings, merk ek telkens dat verskeie mense opmerk dat 2016 ‘n slegte jaar was. Ek weet nie of dit verwys na hulle eie omstandighede en of dit na die land se omstandighede oor die algemeen verwys nie. In Suid-Afrika was dit in vele opsigte inderdaad nie ‘n maklike jaar nie. Terwyl die droogte knel, het kospryse die hoogte ingeskiet. Ek raak soms bang as ek die winkels invaar en besef hoeveel duurder artikels alweer is as die vorige keer toe ek daar was of die item aangekoop het. Werkloosheid het die hoogte ingeskiet. Studente was in opstand oor hulle goed verniet wil hê wat nie sommer net so verniet uitgedeel kan word nie. Talle mense is vermoor, op plase, in townships en op allerlei plekke. Dikwels vir so min as ‘n paar rand of ‘n selfoon. Op finansiële front het ek ook ervaar dat die belegginkies wat vir aftrede opsy gesit is, glad nie na wense wil groei nie, terwyl die aftreedatum al nader kom.

Van die grootste negatiwiteite was natuurlik op politieke terrein. Die Zumas en Zuptas het die toneel oorheers. Wit mense wat rassistiese opmerkings gemaak het, het in onguns gekom en is soms swaar gestraf en nuwe wetgewing is in die vooruitsig gestel om dit ‘n sonde te maak om rassisties te wees. Nie noodwendig iets verkeerd met die beginsel nie, want rassisme spruit uit ‘n onvolwasse en valse meerderwaardigheid en dikwels uit onkunde en eensydige blik op mense van ‘n ander rassegroep. Ongelukkig word rassisme net na een kant toe raakgesien en kan die Malemas, Zumas en Kie’s en studente en swart mense net sê wat hulle wil van wit mense, want rassisties kan hulle konsuis nie wees nie. Ek voorsien dat die wet sy doel gaan mis en meer verdeeldheid as ooit gaan bring as gevolg van die manier waarop dit toegepas gaan word.

Afrikaans op universiteite het gesneuwel. Standaarde op skool het gesneuwel en gaan vinnig agteruit, soos aangewys deur internasionale toetsing en vergelyking wat gereeld plaasvind. Waardes is vinnig aan die sneuwel, want die nuwe standaard is korrupsie en die goue reël is dat jy nie uitgevind mag word nie.

Dieselfde mense wat sê dat 2016 ‘n slegte jaar was en dat hulle uitsien na 2017, het waarskynlik die verwagting dat 2017 beter gaan wees. Op grond waarvan? Dis nie vir my duidelik nie. Dit sal baie help as dit op baie plekke lekker gaan reën ja. Maar die politieke sirkus gaan maar dieselfde bly en werkskepping sal nie verbeter voordat ‘n paar vriendeliker wetgewings en aansporings nie ingestel word nie. Waardes gaan nie verbeter voordat elke mens nie voor sy eie deur gaan vee en hom opnuut verbind tot goeie karakter nie – om nie gesteelde goed by ander te koop nie, nie verkeermense ens om te koop nie, om op ‘n eerlike manier sake te doen, om lewe na waarde te skat en so meer.

2017 gaan net so goed of sleg wees soos wat ons hom maak. Ons is almal die slagoffers van hoër pryse, die slegte nuus op radio en TV, die droogte., die politieke narrespul. Dit kan ons negatief stem of ons kan kies om positief te bly. Ons kan onsself verlaag tot slagoffer van omstandighede of oorwinnaar oor uitdagings. Ons kan in mismoed verval of glo in die krag van gebed en meer daarvan maak. Ons kan deel word van die rassisme prentjie, of ‘n verskil maak met ons respekvolle optrede teenoor alle mense.  Ons sal moet leer om teenoor mekaar verantwoordbaar te wees as ons die wêreld ten goede wil verander.

Ten spyte van al die slegte dinge in 2016, kan ek eerlik sê die Here was vir my goed. Ek het ‘n werk gehad – en het ek nie gewerk nie! 5 miljoen mense in hierdie land het nie daardie voorreg gehad nie. Ek het elke dag genoeg gehad om te eet, wat meer is as wat baie mense kon sê. Toe ons 1997-model motor gebreek het, kon ons dit laat regmaak en bekostig om daarvoor te betaal, al kan ons nie ‘n nuwer en beter motor bekostig nie. My kinders lei ‘n positiewe en hardwerkende lewe en is nie soos talle ander die slagoffer van bendegeweld, werkloosheid, dwelmverslawing en so meer nie.

Daarom het ek ook ‘n hoop en vertroue vir 2017. Dat ons genoeg sal hê om oor te lag, al is dit vir die politieke narrespul. Dat ons na teenspoed die trane sal kan afdroog en weer kan glimlag. Dat ons die gesondheid sal kan behou en weer (hard) sal werk. Ek vertrou dat dit met al die bloggers sal goed gaan. My hart gaan uit na almal wat reeds moed en hoop verloor het vir ‘n beter môre. Daar is talle van hulle.

Mag genoeg reën ons gronde tref en in die damme opgaar en mag dit ‘n stimulus wees vir werkverskaffing en ‘n beter môre vir talle.

Slegte dinge gebeur met almal een of ander tyd. Gelukkig gebeur goeie dinge ook van tyd tot tyd met almal. Mag ons leer om te leef uit dankbaarheid en in liefde en deur genade. Voorspoed vir 2017.

This old lady is fed-up with the student situation

Reasons why #FeesmustNOTfall

1. When fees fall, universities must be funded by Government.

a. Government has the poorest run hospitals.

b. They did not succeed in lifting the standards of schooling – all they did was lowering the standards for schools so that more pupils can succeed.

c. The government runs an ineffective police force, ineffective prosecution authority.

Do you really, really, really want poor governed Universities too? Because there is no way that the government will fund universities without taking over the government of universities. That means universities will loose there independence. Lecturers will have to lecture as government prescribes. And when there is a shortage of money, universities will be first to feel the budget cuts. Even without lifting the studyfees, they will have to end some research programs – how much more when they are fully dependant on government money?

2. Universities will also loose their position and ranking amongst other world known universities. It is already happening and it will continue to happen. If this slip in standards is not stopped, one or other day the degree you receive will not be worth the paper it is printed on. What do you prefer: to know that your degree is worth something and will help you get a job, or to stay jobless, because employers prefer to employ people from other countries with worthy degrees? Or do you perhaps mean by Africanization of universities that quality means nothing to you?

3. Suppose government says it will fund universities: Have you ever thought where the money comes from? No? It is called taxes. South Africans are already taxed to the brim. But suppose taxes are lifted: Have you ever thought of it that YOU, my dear student, will be taxed for the rest of your life for the very thing you are now struggling for? If you get a NSFAS loan and pay it back, it may perhaps take 10 years of your working life. If you are taxed to pay for other students, it will be the rest of your life. What is the best target for government to get the most effective taxes? VAT. Yes there are countries where students can study for free. In first world countries, the VAT rate is 32%. Nice hey? Imagine all the poor people in this country pay 32% VAT so that you can get what you want? The second world countries where students can study for free, are mostly in Southern America. And you know what? After they struggled for this privilege and it was granted, the inflation rate as well as the unemployment rate soared to new highs. To me it seems that this request of yours is a matter of cutting your nose to spite your face.

4. Government can only fund universities by three possible means:

a. Borrowing the money, but we are so up to arms in debt that we will not get that without taking the country’s finances further down the gutters.

b. Taxing you more, and you should realise that you are only shifting your payments – from university fees to taxes to be set on YOU for the rest of our life. Norway and Germany, where you can get free education, have tax rates of 45% and 55% respectively.

c. By cutting government funding on other expenses. Where would you, dear student like this cuts to be done? Will the All pay grants do? Or perhaps to fund hospitals less, so that more patients will suffer? Will you prefer the cuts come from policing? Secondary education? Salaries of governments staff? Take your pick for somewhere it must come from….

d. And as last resort , by cutting on corruption. Whau, THAT is a worthwhile cause to struggle for. But ending corruption is not ending soon. Even if it ends, it will take years to cleanse the country and the results of past corruption.

A few messages to the disruptive students and university authorities:

1 Perhaps all students should be forced to take a few lessons in economy 101. Free tuition = higher taxes = higher inflation rates = higher unemployment. Struggling students have already proven that you do not understand economics…..

2 The struggling students are taking away the opportunity for students who want to study by disrupting classes and tests. You believe you have the right of freedom of speech and to be treated fair? Well, why do you not acknowledge these students’ right to be treated fair and make their own choices?

3 You are moaning about the way you are treated by police? But you thing you may throw stones, intimidate and scold them, put buildings to fire and do what you like? Where are your decency and integrity? Why should you be treated fair if you cannot play your struggling effort in a fair play manner?

4 You are vandalising and burning down building millions of rand. Well, if you have the slightest idea how to calculate, here is the sum: Every building you burn down, is one less facility for your own future use. Every building damaged, is one that must be replaced with money that could have been used to lighten your financial burden.

A message to universities and government:

Everybody understands that the poor need some extra help. That is what NSFAS is for. Give the loans to the students, but they must pay it back. A part is conversed into bursaries that has not to be paid back. Student simply have to understand this, otherwise they are not worth the word “student.” A student is someone who is supposed to gain knowledge, insight and skills. Students who can only see and understand one side of the facts on the table, are not worth the word students. Students are people committed to knowledge, good education, good qualifications.

Secondly, students are not only at universities to gain knowledge. They are also supposed to shape their character. And you, the management and lectures are supposed to give guidance. That means LEADERSHIP. You shape a person by teaching him what is right and what is wrong. By teaching him discipline. Students who are only there to be disruptive, are not behaving according to the rules. Ban them and stand strong. Universities have rules. Let every student sign a written contract before he is admitted that he will behave or be dispelled. And be consequent in applying the rules.

A last word:

If I were an employer, I would never ever want to employ a student who is disrupting other people’s rights to study, who wants everything for free, who is willing to throw stones and burn buildings to get what they want. I pity the employer who does not mind this behaviour. I cannot see how he will prosper in his business without employees who do not have constructive values, who respect other’s belongings and who has no work ethic.

I have quite an uneasiness about what courses these students are following. Are they studying to become lawyers and prosecution officials? Heaven forbid that we put our law enforcement in those hands. Are they studying to become doctors? I pity the person who has to put his life on such people’s hands. Are they studying to become teachers? O dear, our education system will loose its wheels totally. I cannot think of even one career where your attitude and work ethic will be constructive – except perhaps politics or labour unions – if you are willing to join the EFF. But I doubt whether they will ever have place for all of you in there political system.

So good luck students, burn everything down, boycott your classes, intimidate your fellow students and then see how you will be the one to suffer in the years to come.

Interesting quotes:

As higher education systems in Africa expanded, provision of free higher education became increasingly expensive and unaffordable, compounded by a sustained decline in economic growth from the mid-1970s until the 1990s. This had severe implications for, among others, social provisioning, including higher education.

Notwithstanding the strained economic growth vis-à-vis the high cost of providing free higher education, the policy persisted, leading to gross underfunding of higher education systems in Africa. The gross underfunding had multiple deleterious consequences, some of which continue to hound higher education systems on the continent.

Overall, free higher education in Africa was built on inequitable social structures. As a result, it reproduced and reinforced these inequalities. To state the obvious, free higher education in highly unequal societies mainly benefits the already-privileged, who have the significant social, cultural and economic capital required to access, participate and succeed in education.

Many countries that once offered free higher education such as China, Australia, Mozambique, Kenya and England, have since implemented cost-sharing policies and models of one form or another.

Please read the rest of this article here:

http://www.universityworldnews.com/article.php?story=20160223145336908

Nostalgiese Kringloop

Dit is dalk ‘n seker teken van ouer word as jy skielik begin nostalgies raak oor jou verlede. Wanneer jy met heimwee begin terugdink oor jou kinderjare en behoefte het om na sekere avonture of belewenisse daarin terug te keer. Dit is die tydgleuf waarin ek my toenemend begin bevind.

In my vroeë kinderjare het my ouers ‘n strandhuis op Stilbaai gehad. My pa was ‘n boer en die geleentheid om vakansie te hou, was nie baie nie. Dalk, met ‘n bietjie geluk, so ‘n week of twee in die winter. Dit het gehelp dat hy in ‘n maatskappyboerdery saam met sy broer was, want dit het beteken dat hulle dalk kon beurte maak om weg te gaan. Ek weet nie regtig nie. Soos ek gesê het, dit was in my vroeë kinderjare.

Die huisie was in vandag se standaarde sekerlik primitief. Al die huise op Stilbaai was in daardie jare egter primitief, dus het dit glad nie saak gemaak nie en het ons huis ook nie teen die ander afgesteek nie. Dit was ‘n plankhuis op pale met twee slaapkamers, ‘n woonvertrek en ‘n lekker groot toegeboude kuierstoep, waar dikwels ook mense geslaap het. Daar was ‘n kombuis en ‘n spens met rakke. Die kombuis het ‘n swart houtstoof ingehad. Ek onthou so vaagweg ‘n wasbak waarin ‘n mens kon skottelgoed was, maar kan nie onthou of daar lopende water was nie. As daar was, was dit in elk geval koue water. Aan die ander kant, ek kan nie onthou dat daar enige drein van ‘n aard was nie, dalk was daar nie lopende water nie. As jy tot dusver in die beskrywing die badkamer gemis het, is dit omdat daar nie een was nie. Ek dink ons het in komme in die kamers gewas. Ek weet daar was twee buite-toilette, van die soort wat emmers bevat het wat deur‘n nagwa weggery is. My ma beweer dat volgens wat aan hulle vertel was, was dit een van die eerste huise op Stilbaai. Ek is bietjie skepties daaroor, omdat ek dink ‘n eerste huis sou dalk ‘n ander ligging gehad het. Nader aan die hawe of meer teen die see of so iets.

Jy moes ‘n hele paar trappe opklim om die voordeur te bereik. Onthou, die huis het op pale gestaan. Onder die huis was daar plekke waar jy dalk as kind sou kon sit, maar dit was nie iets wat ek kan onthou ons gedoen het nie. Die hele area onder die huis was sand. Daar was baie duwweltjies op die erf. Kaalvoet loop was dus nie ‘n eerste keuse manier van loop nie. By die agterdeur was ook so ‘n paar houttrappe, hoewel heelwat minder as by die voordeur, so vier maksimum. Die agterdeur het Wes gefront en dit was ‘n lekker tydverdryf om in die namiddae so ‘n bietjie in die sonnetjie teen die kombuismuur te sit en bak.

Natuurlik was daar nie Eskom-krag nie. Stilbaai het nog nie so iets gehad nie. Ek was trouens al met my man getroud in die laat tagtigerjare voordat Agulhas krag gekry het, dus vermoed ek Stilbaai was nie baie ver voor wat dit betref nie. Ons het dus saans by gaslampe en so ‘n paar olielampe vir die kamers gesit en lees of kaartspeel of ander speletjies uitgehaal. Uit die aard van die saak het ons dus ook nie so laat gaan slaap nie. Daardie sissende geluid van die gaslamp is iets wat ek vandag nog goed onthou. Ek onthou ook ‘n gedagte wat ek eenkeer in my kinderlike onskuld in my kamertjie gelê en uitdink het terwyl ek na die plankmuur gestaar het: ‘n Vakansiehuis moet ‘n plankhuis wees, anders is dit nie ‘n regte-egte vakansiehuis nie. Daar moet so ‘n bietjie primitiwiteit wees om die wegbreek van die beskawing mee te bring.

Ons het altyd in die winter vakansie gehou. Appelboere oes in die somervakansies. Aprilmaand was hulle nog baie besig met allerlei aktiwiteite. Dus het ons tydens-Junie vakansies op Stilbaai gaan kuier. Dit beteken ook dat ons selde die see aangedurf en geswem het. Stilbaai was gewoonlik redelik stil daardie tyd van die jaar.

Ek wens ek kan my kinderjare beter onthou. Ek is egter nie goed daarmee nie. Alles is net vae herinneringe. Ek weet dat ons gewoonlik van my niggies saamgenooi het en ek onthou dat ek ook van tyd tot tyd saam met van my niggies daar gaan vakansie hou het. Soms het hulle ook in ons huis vakansie gehou as my ouers nie kon gaan nie, ander kere het hulle van die ander huise gehuur wanneer ek saamgegaan het. Dit het ook soms gebeur dat van die ander familie dieselfde tyd as ons op Stilbaai was, elkeen in ander huise. Dan het ons niggies en neefs saamgekuier, saam rondgeloop en saam gespeel.

Ek het nou die dag my ouers gevra wanneer hulle die huis gekoop het en ek kan nie eens die presiese jaar onthou nie. Dit was wel in die laat vyftigerjare, toe ek al die lig aanskou het, maar nog nie veel verstand gehad het nie. Toe, in my standerd vier jaar, raak ek bewus daarvan dat my ouers planne beraam om op hul eie te gaan boer. Ek het dit ook maar agtergekom omdat my op-en-wakkerder niggie wat op weeksdae by ons loseer het om in die plaasskooltjie skool te gaan, grootmensgesprekke afgeluister het (of dalk net toevallig iets opgevang het) en dit vir my kom vertel het. In my standerd vyf jaar het my ouers begin huis bou op die ander plaas en in die eerste week van my standerd ses jaar het hulle daar ingetrek. Dit was ‘n eienaardige belewenis: Die Maandag is ek koshuis toe vanuit die ou plaashuis en die Vrydag toe ek huis toe gaan, is dit na die nuwe huis. Daar het nog van my kosbaarste speelgoed, ‘n teestelletjie, so ‘n bietjie breekskade opgedoen tydens die trekkery. Ongelukkig het daar nog iets in die slag gebly met al die trekkery: My pa-hulle moes die strandhuis verkoop om kapitaal te kry vir alles wat op die relatief onontwikkelde plaas moes gebeur. Vir ‘n skamele R2000 of dalk bietje meer. Dit was in die omgewing van 1969 / 1970. Daardie tyd was dit dalk ook nie so min geld nie, ek sal nie weet nie. Die huis was dalk ook nie meer iets werd nie, want wie dit ook al gekoop het, het dit in elk geval platgeslaan en vervang met iets meer moderns. Ek onthou dat die swart stoof dalk bietjie swaar vir die paalkonstruksie was, want daar was ‘n definitiewe insakking van die kombuisvloer onder die stoof.

Dit was die einde van ons Stilbaaivakansies. Vakansies het skaarser en minder geword, want as enigste boer kan ‘n mens nie werklik sommer jou plaas vir langer as ‘n paar dae verlaat nie. Deesdae waag my ouers en my broer dit nie eens meer om beide van die plaas af te wees nie. Die veiligheidsrisiko is te groot. Ek verbeel my daar kon wel ‘n vakansie of twee in ‘n huurhuis gewees het. Die Koo-boere was lief om op Stilbaai te gaan vakansie hou, eie huis of nie.

Die tydperk waarvan ek nou praat, was Stilbaai nog regtig Stilbaai. Sover my geheue strek, het Stilbaai-Wes hoofsaaklik bestaan uit die houthuise wat reg op die seestrand gestaan het (Tydens springgety het die branders onder die huise ingeloop) plus die ry huise in die straat agter hierdie huise. Daar was ‘n paar ekstra huise na die hawe se kant toe en dalk nog ‘n paar huise teen die pad waar jy Stilbaai binnery. Ek verbeel my daar was later jare ‘n kafee of plek waar ‘n mens goed kon koop langs die hoofpad waar ons moes indraai na Waterkantstraat. Ons huis was een van die laastes nader aan die rivier se kant agter hierdie voorste ry huise. Weerskante van ons was twee ordentlik geboude huise, die een nogals ‘n dubbelverdieping. Ek kan nie onthou of daar ‘n straat tussen ons en hierdie huis was en of dit reg langs ons gestaan het nie. Daardie huis was egter die laaste huis in Waterkantstraat. Verder-aan was net duine en bos. Daar was een winkel van die soort wat nog toonbanke gehad het en mense oor die toonbank bedien het. Ons moes ‘n entjie ry om by hierdie winkel te kom. Ek skat dit het in die omgewing van die huidige Spar-sentrum gestaan, dalk bietjie verder weg. Daardie tyd was daar nog nie baie huise in die omgewing van die winkel nie. Tydens ons laaste vakansie op Stilbaai, of dalk met een van ons huurhuisvakansies daarna, het ek bewus geraak dat die duine ontbos word en dat daar gereed gemaak word vir verdere ontwikkelings. Stilbaai het begin uitbrei.

Daar het ‘n lang tyd verloop waartydens ek nooit weer op Stilbaai gekom het nie. Ek het op Phalaborwa gaan werk en was nie meer Junie-vakansies deel van die gesin nie. Ek het getrou en saam met my man meestal op Agulhas of Struisbaai vakansie gehou. Ons het Jeffreysbaai besoek, Hartenbos ‘n paar maal verken, ‘n keer of drie Gauteng (Toe nog Transvaal) toe getoer. Ons het wel kort na ons troue drie maande langverlof geneem om ons huis te restoureer en het toe ‘n paar kort dae in Stilbaai-Oos in ‘n munisipale huisie oorgebly na ‘n taak wat ons bevredigend voltooi het.

In 2010 het ons gesin ‘n paar dae op Stilbaai gaan vakansie hou omdat die huis in Agulhas nie beskikbaar was nie as gevolg van huisuitbreidings. Op een of ander manier het ek toe weer my hart op die plek verloor en die droom begin koester om eendag op Stilbaai af te tree. Hierdie vlammetjie het ek ook by Woef-man aangesteek en hy droom deesdae daardie droom saam met my. Soos wat my moontlike aftrede nader kom, raak die droom al duideliker en die begeerte al hoe groter. In 2015 het ons op Tergniet gaan vakansie hou en ‘n naweek by my niggie op Stilbaai gaan deurbring. Daardie dag het ons al die stranddorpies tussen Tergniet en Stilbaai aangedoen en met almal fout gevind uit ‘n aftree-oogpunt (met apologie aan al die gelukkige inwoners van die plekke). Danabaai is te grênd en te skuins, Boggomsbaai is pragtig maar te stil, Vleesbaai se “boom” het ons verhoed om daar in te gaan, Gouritsmond was pragtig, ek was mal oor die rivier, maar daar is nie al die goed wat ou mense nodig het soos hospitale en so voorts nie, en so kan ons aangaan. Ek onthou, toe in Stilbaai binnery, was my man se kommentaar: “Ja, dis die plek….” Toe ons ‘n rukkie op die hawe gaan vertoef, het ek net weer gevoel hier is ek tuis en het ek my hart verloor. So het ons ons droom laat herleef.

Die afgelope vakansie het ons weer ‘n paar dae op Stilbaai gaan vertoef. Dit was ‘n heerlike tyd van re-unie met ‘n klomp van my niggies: Behalwe vir my een niggie en haar man wat op Riversdal werk en elke dag uitry soontoe, het ek nog 3 niggies wat daar werk en/of afgetree het, en nog twee niggies (susters van mekaar) wat beoog om daar af te tree en reeds huis gekoop het en een het reeds ‘n erf en beoog om daar te gaan huur totdat sy kan bou. Haar broer het reeds die huis gekoop waarin sy tydelik gaan bly. Ek kan dus met reg sê Stilbaai is ‘n soort van familieplek. Neefs en niggies wie ek jare laas gesien het is reeds daar gevestig of in proses om hulle daar te vestig en hopelik sal ons familiebande kan versterk. Dit is egter nie die rede hoekom ek daar wil aftree nie. Ek weet dat die meer gematigde klimaat ‘n rol speel in my besluit, maar die hele Suidkus beskik oor hierdie klimaat. Ek kan net nie my vinger daarop lê hoekom ek juis soontoe wil gaan nie. Want kyk, Stilbaai het ook genoeg nadele. Ek verneem hulle het van die duurste munisipale belasting in daardie streek, daar is ‘n 20 km wat jy moet afdraai van die nasionale pad om by die plek te kom, daar is nog nie groot hospitale nie, hulle kry ook hulle kwota mis. Dalk moet ek hierdie begeerte maar toeskryf aan oumens-nostalgie, ‘n teruggryp na my kinderjare, die voltooiing van ‘n kringloop. Dalk is dit omdat daar ook baie positiewe dinge oor Stilbaai te sê is. Hulle het een van die bes bestuurde munisipaliteite in die land en die dorp is skoon. Dit is iets waarna ek met my hele hart smag nadat ons parkie oorkant ons huis gereeld soos die munisipale stortingsterrein begin lyk het. Dalk is dit die wandelpaaie, die lekker fietsryplekke. Die rivier se rustigheid. Die ry huisies op die strand wat weliswaar almal al ietwat gemoderniseer en deesdae peperduur is. Dalk is dit sommer hardkoppigheid. Maar die droom kleef aan my soos kougom op ‘n skoolbankie wat net nie wil laat los nie.

20-Jun Stilbaai (4)

‘n Bootjie op die see. Om te vertel van die jare wat die skuite met groot moeite op die hawe gekatrol is, is ‘n storie vir ‘n ander dag. Daardie skuite is iets van die verlede.

 

20-Jun Stilbaai (11)

Woef-klong op een van sy vele hengelpogings. Hy het nog nie juis ‘n eetbare vissie huis toe gebring nie, kort dalk ‘n bietjie afrigting oor die regte aas en so.

21-Jun Stilbaai (27)

Hierdie wandelpad kan mos net ‘n lekker aftree-tydverdryf wees!

21-Jun Stilbaai (34)

Die rivier bring altyd ‘n kalmte in die siel.

26-Jun Jongensfontein- Stilbaai stap (39)

In 2010 geneem. Daar is baie natuurreservaatgronde om op te wandel.

IMG_1035

Die huise op die seefront was altyd ‘n lekker stap en kykplek. Vandag is die meeste al redelik gemoderniseer, maar ek herken nog hier en daar van die huise uit my kinderjare.

IMG_1030

Nog ‘n stukkie van die heerlike skoon wandelpad.

IMG_1028

Deel van Hessequa se trotse natuurerfenis, is sy aalwyne.

Dit is ook nie asof ek sommer maklik hierdie droom kan verwesenlik nie. Huise daar is nogal duur en ek sal waarskynlik sukkel om iets in my prysklas te kry, wat ook net kan gebeur nadat ons ons huidige huis verkoop het. Ek stel ook my aftrede sover moontlik uit om nog my gesondheid te benut om ‘n beroep te beoefen, om dieselfde rede waarom ander mense ook so lank as moontlik moet werk en nie meer vroeg kan aftree nie.

Intussen hou ek my droom lewendig op ‘n baie eenvoudige manier: Ek het aangesluit by Stilbaai, Bay of Sleeping Beauty facebookblad en volg elke inskrywing getrou. Hierdeur het ek al meer geleer van aktiwiteite en ook van die kwotas skurke en kwake. Mense wat katte vergiftig en vermoedelike mense wat die wild skiet of snags raakry. Nie dat dit noodwendig vermy kan word nie. Ons het hoeka een aand na ‘n kuier by een van die talle niggies met ons terugry na ons huurplekkie sommer bokkies daar teen die begraafplaas teengekom. As hulle skielik voor jou inhardloop, sal jy jou briek moet ken om hulle te vermy.

Een van die dinge wat die meeste by my spook, is die feit dat ons ‘n huisie daar gehad het wat uit die familie moes gaan en dit op wat vandag as prima-erf bekend sou staan. Ek gaan baie keer na daardie gedeelte toe en dan probeer ek onthou waar ons huisie gestaan het. Inwoners van die huise dink dalk dat ek hulle “stalk” of iets. Ek probeer uitsorteer watter een van twee moontlike huise op die spesifieke erf staan, maar al die huise in die omgewing het sodanig verander dat dit net nie moontlik is nie. Ek het selfs al vir my pa gevra of hy dalk die erfnommer kan onthou, want dan sal ek die sakie maklik kan uitsorteer, maar nee, hy onthou nie. Ek het al ons foto-argiewe gaan deursoek, vir ‘n moontlike huisie, maar dit was nog in die tyd van bokskameras en duur films. Ons het foto’s geneem van niggies en nefies by die see en waar ons met strandballe rondloop, maar geen huis nie. Ek het selfs by die toerismeburo gaan soek vir ou foto’s om te kyk of die huisie nie êrens sy verskyning maak nie, maar geen sukses.

Hoe sê die spreekwoord: Met die waters wat verby is, sal die meule nooit weer maal. Dus moet ek hierdie stukkie verlede agter my lê en voortdroom van ‘n dag waarop ek miskien ‘n plekkie daar kan bekostig. Gelukkig is droom mos darem lekker ook!

Op reis na die verlede

Ek het verlede jaar elke openbare vakansiedag gebruik om iets oor die dag te sê, so ook oor Jeugdag.  Vanjaar het ek ‘n baie lekkerder en rustiger Jeugdag gehad.  Ons omgewing het die afgelope tyd erge droogte ervaar, wat ook gepaard gegaan het met hittegolwe wat alles vererger het.  In April kom daar toe reën wat goeie verligting gebring het, net om opgevolg te word met ‘n baie droë Mei.  Drie dae voor Jeugdag begin dit to reën – sodanig dat ons dorpsdam met een slag van 16% vol tot 32% vol gestyg het.  Dit het ons weer moed gegee. Omdat ons in vrugtewêreld bly, is ons baie afhanklik van water vir die algemene ekonomie van die dorp.  Op Jeugdag het my broer en sy vrou ‘n slag kom kuier.  Hulle woon nie te ver van ons af nie, maar ons sien mekaar nie te dikwels nie en meer dikwels is dit ons wat by hulle kom as ons bietjie stad toe gaan. Hulle moet so bietjie teen die stroom ry om hier te kom. Die weer het ons planne om te braai bietjie gefnuik, maar ‘n worspot in ‘n platboompotjie op die stoof werk net so lekker!

Toe skep ek vir myself ‘n lekker langnaweek en neem op 17 Junie verlof.  Ek en Woefman het saam met die gemeente stapgroep uitgery Bokkeveld toe na ‘n plaas waar daar nog baie ongerepte en onbeskadigde Santekeninge is.  Die plekke is slegs toeganklik vir vierwielaangedrewe voertuie en selfs met dit het ons so ‘n paar ligte “teëspoede” gehad waar voertuie met sleeptou uitgehelp moes word. Dit was ‘n wonderlike dag, die weer was lieflik en die wegbreek heerlik.  Ek gaan nie veel meer sê nie, die foto’s vertel alles.

IMG_0906

Hier was vroeër jare ‘n paar huisies, meestal “ingebed” in die rotse, met ander woorde die dakke van grotte het die dak van die huis geword. Die populiere verklap dat hulle waterbron hier rond was.

 

IMG_0908

Dis jammer die foto het geblur, dit is in die ry geneem. Ek vermoed dit is die een wat hulle noem haasboudklip. Die rotse vorm ‘n natuurlike boog.

IMG_0909

Die pragtige rotsformasies en kleure bly ‘n lus vir die oog.

IMG_0911

Hierdie area noem hulle die Bobbejane se Kraamsaal. Bobbejane kom kry hulle kleintjies hier en bly hier vir ‘n week of wat voor hulle weer met hul kleintjies by die troppe aansluit.

 

IMG_0920

Ek het myself al te bejaard gevoel om regtig tot in hierdie kamers te klim, maar diegene wat dit gedoen het, sê dis ook bitter mooi daarbinne. Die kamers van die “kraamsaal” is met gangetjies verbind en dit is ‘n avontuur om almal te ondersoek.

IMG_0927

Net so ‘n ent agter hierdie kraamsaal rotsformasies, is nog ‘n grot waar ‘n mens heel gesellig sal kan oornag.

IMG_0929

Lieflike Santekeninge. Lyk na ‘n groep jagters met stokke. Maar ek is maar dom, het al gewonder of of die een met die lang stok nie ‘n ou dame is nie – die twee kolle voor bo lyk verdag baie na borste?

IMG_0930

Kleureprag.

IMG_0931

Hulle noem hierdie een die Reus van die Sederberg. Die man lyk ietwat a-tipies van ‘n tipiese tekening. Indien dit hulle herinnering aan witmense is wat hulle gesien het, is die tekening dalk nie so oud nie.

IMG_0940

Hierdie area noem hulle die somerpaleis. Kyk weer eens die pragtige kleurskakerings van die mure.

IMG_0943

Van die gedeelte in die vorige foto, is daar ‘n baie lae gangetjie wat na hierdie lae grotte lei. Ek het dit egter op die maklike manier gedoen en omgestap na die direkte ingang.

IMG_0956

Daarna het ons gestap na ‘n tekening met die naam van Swart Luiperd. Om daar te kom, moes ons loop oor plat rotse wat water opvang en soos gesê, het dit vroeër die week lekker gereën. Ek het my verwonder aan die klein opgaardammetjie met sy pragtige gevormde walletjies.

IMG_0958

Die swart luiperd. Hier was ook nog talle ander interessante tekeninge, wat ek nie nou plaas nie. Die tekeninge is naby ‘n baie groot canyon, wat as Suid-Afrika se tweede grootste naas Blyderivier beskou word. Ons het nie tyd gehad om dit behoorlik te gaan besigtig nie.

IMG_0997

Toe het ons ‘n worsie gaan braai by ‘n oorhang wat as ‘n uithangplek vir die doel gebruik word. Kyk weer eens die pragtige kleurformasies.

IMG_0992

‘n Tipiese voorbeeld van ‘n huisie wat onder ‘n oorhang gebou was en waar die rotse die natuurlike dak vir die huisie gevorm het.

IMG_1006

Sommer net mooi rotsformasies

IMG_1009

Na ons versnaperinge, stap ons na Zoo Ridge, waar baie rotse soos diere lyk. Met ‘n bietjie verbeelding, is hierdie ‘n olifant met die ore platgetrek.

IMG_1011

… En as jy om die rots stap , lyk dit aan die agterkant soos ‘n renoster. Gelukkig kan dié een nie vir sy horings gejag word nie.

IMG_1012

Hierdie een lyk kompleet soos ‘n ou omie en tannie aan die kuier op die stoep.

IMG_1008

Dit lyk kompleet soos ‘n klomp kleiner diere wat op die rotse kuier. Maar almal is versteen…

IMG_1010

Oupa Uil luier ook daar in die skadu’s rond.

IMG_1014

En so eindig ons uitstappie met ‘n terugtog oor die rotse. Woefman het sy getroue stapskoene se sool “verloor” en moes dit tydelik met sy veters heg om darem die stappie klaar te maak.

En so eindig ‘n lieflike dag, waarvan ek maar so die helfte vertel het. Ons bly darem maar in ‘n lieflike omgewing en om te dink ek het jare lank nie eens geweet van hierdie skatkis in ons omgewing nie.

‘n Inspirerende storie

So gebeur dit dat Telkominternet my so ‘n maand of wat gelede telkens in die steek laat met internet wat net so drie aande per week so amper wil werk, die ander kere werk dit min of meer glad nie. Terselfdertyd skryf hulle ‘n skaflike e-possie om my te vertel dat hulle nou simkaarte uitdeel waarmee jy jou eie landlyninternetdata kan gebruik waar jy ook al is – ‘integrated services’.  Ek is hoogs beïndruk, want ek wonder al lankal wanneer gaan so iets eendag gebeur. Kort en lank van die storie is, ons het nie Telkom LTE of 3G op ons dorpie nie, maar ek troos my daarmee dat ek dalk tog ‘n stadiger sein sal kan opvang en iets is mos darem beter as niks. AS ek nou net die ding geaktiveer kan kry. Dalk is hier ook nie eens ‘n stadiger Telkom sein nie. Ewentwel, ek besef toe ek moet darem ‘n MiFi modempie ook hê vir die groot okkasie en ek benodig in elk geval so ‘n bietjie noodinternet vir al die kere wat g’n Telkom wil werk nie.

Ek gaan skaf toe vir my so ‘n klein pakketjie daar by MTN aan. Dis regtig net genoeg vir noodgevalle, maar ek kry darem die modem saam, so dis die moeite werd. MTN het tans hierdie lekker aanbod van 30 Gig wat saam met die modem kom, ongeag hoe klein die pakket is. Die vangplek is, jy moet jou 30 Gig binne ‘n maand gebruik. Ek verstaan nie altyd hoekom hulle dit nie maar net gee en sê ons kan dit gebruik en geniet so lank ons wil nie, maar nou ja. Hoe gebruik ‘n vrou wat net so 2 ure saans en bietjie tyd oor naweke het, nou 30 Gig binne ‘n maand op? Ek het klaar ‘n klong wat al die reekse (waarvoor ek selde tyd het) opneem en vir my bring, ek ken nie al die webwerwe nie en so meer. Die klonge gee my toe die raad om te begin video’s kyk op You Tube en so. Ek skuif dus toe my 180 boeke op die Kindle (wat alweer aangegroei het tot 183) opsy vir die afgelope twee weke en ek kyk net You Tube.

Susan Boyle se storie het my nog altyd gefassineer en daar kyk ek toe ‘n hele week elke aand amper net vir Susan. Haar musiek is my smaak en ek geniet dit. Ek raak nuuskierig en begin so ‘n bietjie meer oor haar lees daar by Wikipedia en ander bronne. Kyk self ‘n paar You Tube onderhoude. Toe besluit ek daar is genoeg in haar storie wat mense kan inspireer en ek sal dit vir ‘n projek gebruik. Ook sal ek dit sommer op die blog vertel. Die mense wat die storie goed ken, kan maar verbyhou as hulle nie belagstel nie.

Susan Boyle is ‘n Skotse sangeres wat in 1961 gebore is as die jongste van 9 kinders. Haar pa het in die myne gewerk en haar ma was ‘n datatikster. Hulle het in’n 3 slaapkamer huis gewoon en dit beteken die dogters en al die seuns het 2 kamers gedeel.

Met haar geboorte het iets skeefgeloop en daar is gediagnoseer dat sy moontlik breinskade kon opgedoen het as gevolg van ‘n suurstoftekort. Sy het gevolglik ook stadig ontwikkel en eers op ‘n heelwat later stadium mylpale bereik soos om te leer loop.

Sy het baie swaar gekry op skool omdat sy voordurend gespot en geboelie is. Die kinders se naam vir haar was Simple Susie. Susan het net een liefde gehad waardeur sy haar emosies kon uitdruk en waarin sy haar kon uitleef, en dit was haar sang. Sy het nie haar skoolloopbaan voltooi nie en haar enigste werk was toe sy vir ses maande as ‘n kok opgelei is in die Wes-Lothian College. Sy het ook ander opleidingsgeleenthede wat regering van tyd tot tyd aanbied, gevolg. Sy het wel privaat sanglesse geneem by ‘n sangopleier en het die Edinburg Dramaskool bygewoon. Verder het sy graag gesing in haar plaaslike Katolieke kerk, waar sy ‘n toegewyde lidmaat is. Sy het ook vrywilligerwerk vir die kerk gedoen en doen dit vandag steeds. Voor 2009, toe sy bekend geraak het, het sy wel aan oudisies deelgeneem, asook sangkompetisies, maar het nie juis opgang gemaak nie. Sy het ook in 1998 saam met ander vir ‘n Charity CD gesing (die CD is verkoop vir fondsinsamelingsdoeleindes). In 1998 het sy al haar spaargeld spandeer om 3 opnames op CD te sny, wat sy na platemaatskappye gestuur het, sowel as radio talent kompetisies. Daar het nie veel van gekom nie. Intussen is haar vader oorlede, haar ma het siek geword en sy het haar ma versorg tot met haar dood.

In 2008 het sy aansoek gedoen om aan die Britains Got Talent kompetisie deel te neem. Die opname van die kompetisie is in Januarie 2009 gehou, maar is eers op 11 April 2009 uitgesaai. Sy het wel haar sibbe tydens Kersfees ingelig dat sy gaan deelneem en hulle het haar ten sterkste afgeraai – moontlik vanweë haar ongeërgde voorkoms en optrede en omdat hulle weet hoe wreed die beoordelaars kon wees. Die dag van die oudisie was reënerig, sy moes ‘n paar busse vang en het boonop ‘n paar verkeerde busse geneem, haar hare, skoene ens het nat geword en boonop het sy nie kos by haar gehad nie en later baie honger geword ‘n Samaritaan het darem ‘n toebroodjie met haar gedeel. Sy is op die oudisie video gevang dat sy die broodjie verorber, nie vreeslik fyn en vroulik nie.

Toe sy met haar 47 jarige oudmodiese voorkoms op die verhoog verskyn, het die oë gerol en die beoordelaars was beslis geamuseerd – tot Susan begin sing het. Sy het ‘n oornagsensasie geword en haar oudisie is al 191 (plus) miljoen keer op You Tube gekyk.

Susan het deurgedring na die semi-finale, maar het uiteindelik tweede gekom – sy het teen ‘n groep dansers verloor. Sy het dit nie goed gevat nie en gedink dit beteken mense wil haar nooit weer hoor sing nie. Sy is in ‘n hospitaal vir senu-ineenstorting behandel, maar is na ‘n paar dae ontslaan.

Na hierdie wonderlike ontvangs van ‘n eens skeptiese gehoor het sy begin albums maak, waarvan die meeste groot treffers was: I dreamed a dream was die vinnigste verkoopte album in die VK en in die VSA. In 2009 is 3 104 000 albums in die twee lande verkoop. (In totaal reeds 10 miljoen kopieë). Daarna volg nog albums soos The Gift, (2010 – 2011) (3.7 miljoen kopieë); Someone to watch over me (2011), (3 miljoen kopieë); Standing Ovation: The Greatest Songs from the Stage (2012) (1.5 miljoen kopieë); Home for Christmas (2013) (1 Miljoen kopieë) en Hope (2014).(300 000 kopieë). Intussen het sy ook baie gereis, o.a. na die VSA, Japan, China. Sy het ook aan Skouspel 2016 in Suid-Afrika deelgeneem. Daar is selfs ‘n Verhoogblyspel oor haar lewe gemaak, maar waarin Elaine Smith haar rol vertolk het.

Die vraag wat julle sou kon vra, is : Wat maak die storie inspirerend? In 2012, nadat Susan haar kwota van uitbarstings en vreemde gedrag al openbaar het, is bevind dat sy eintlik Aspergersindroom het. Aspergersindroom is’n vorm van outisme wat dit moeilik maak om met emosionele situasies te hanteer. Vreemde plekke en situasies skep ‘n gevoel van angstigheid. Dit affekteer ook kommunikasie en sosiale interaksie. Susan het byvoorbeeld so onlangs as in April 2016 weer woede- uitbarstings en vreemde gedrag op Heathrow lughawe gehad. Haar suster Bridget is in Oktober 2015 oorlede en sy beskou dit as haar rots op wie sy geleun het – hierdie rots wat weggeval het, laat ‘n leemte wat haar emosioneel erg beinvloed. Die gedrag op die lughawe is teweeggebring deurdat sy ‘n uitval met haar broer wat saam met haar gereis het, gehad het, wat só erg was dat hy haar net daar gelos het. Sy kan nie vreemde situasies en plekke op haar eie alleen hanteer nie.

Asperger sindroom het die volgende kenmerke:

· Verminderde vermoë om met ander mense te kommunikeer of ander mense se nie-verbale seine raak te sien

· Het meestal ‘n eksentrieke persoonlikheid en motoriese probleme, hy het spesiale, meestal bae intense belangstellings, rigiede gedragspatrone en idees, onhandige gebruike en spesiale spraakgebruik.

· Hierdie persoonlikheid met sy wyse taalgebruik, sonderlinge stokperdjies en onvermoë – of onwilligheid om by groepe in te pas, word soms die “nerd-sindroom” genoem. Mense met Aspergersindroom beskik oor normale of hoë intelligensie, ‘n goeie tot baie goeie spraak en skryfvermoë en is dikwels sterk analities aangelê.

· Die meeste volwassenes met Aspergersindroom het geleer hoe om dit te hanteer. Dit word as ‘n ontwikkelingsteuring beskou en nie as ‘n geestesteuring nie. Simon Baron-Cohen (neuroloog) noem dit eerder ‘n manier om inligting te verwerk en ‘n tipe gedrag wat aansluit by ‘n “uiters manlike brein”. Die meeste volwassenes leer om vriende te maak, werk te kry of gewone suksesvolle lewens te lei. Persone kan na gelang van hulle improvisasie of nabootsingsvermoë, vir die buitewêreld opvallende kenmerke van die sindroom wegsteek.

(Met erkenning aan Wikipedia)

Wat Susan Boyle betref, pas sy tipies in by die kenmerke van hiedie sindroom soos uitgewys deur haar reaksie toe sy nie die BGT gewen het nie (sy het gedink dit beteken mense hou nie meer van haar musiek nie), haar afhanklikheid daarvan dat haar wêreld vir haar bekend en vertroud moet wees (sy woon nog steeds in haar grootword-huis), die manier waarop haar wêreld as’t ware ineenstort toe haar moeder en later haar suster oorlede is, haar uitbarstings in vreemde situasies (op lughawens, wanneer sy verward raak), die feit dat sy net hierdie een passie het (musiek) – Susan het musiek en optredes en die bewondering van die publiek nodig vir haar emosionele oorlewing, maar terselfdertyd verg die optredes ‘n hoë emosionele tol van haar.

Hoewel Susan baie geld gemaak het uit haar musiekverkope, het sy net so baie weggegee, sy doen nog stees haar vrywilligerwerk in haar plaaslike kerk. Geld beteken vir haar min en sy kan dit ook nie self bestuur nie. Sy kry ‘n toelae van 300 pond per week om van te lewe en het selfs na haar roem aansoek gedoen vir ‘n werk waar sy £6 per uur sou verdien. Nie uit inhaligheid of armoede nie, maar waarskynlik omdat sy gedink het sy sal van die werk hou. Kyk ook maar na die eienaardige liggaamstaal en maniere waarop sy stap, veral tydens die eerste oudisie. Sy het egter ‘n bogemiddelde intelligensie en ‘n skep humor en kan baie vinnig “witty” opmerkings maak.

Wat kan ons uit SuBo se lewe leer?

· Moenie dat skoolboelies en swak skoolprestasie jou afsit van jou ware talente nie. Dit is duidelik dat sy dit goed onthou en dalk nog letsels daarvan dra, maar sy kon hulle almal ‘n punt wys.

· Hou aan probeer om jou talent bekend te stel, al behaal jy nie onmiddellike sukses nie. Sy het nogal moeite gedoen om talent bekend te stel, maar sy moes wag tot sy 47 jaar oud was, voor die wêreld gehoor het.

· Bly jou ou nederige self ten spyte van jou sukses.

· Doen en geniet waarvoor jy lief is.

· Deel jou sukses met die wêreld, moenie alles vir jouself hou nie. (Sy gee baie weg en besit ten spyte van die baie wat sy al gemaak het, net ‘n beskeie fortuintjie).

· Familie en vriende is belangrik, maar moenie toelaat dat jou wêreld inmekaar stort as hulle nie meer daar is nie. Ek weet dit is deel van haar Aspergers en sy kan dit nie verhelp nie.

· Wees dankbaar vir normale verhoudings, normale “coping” meganismes, die vermoë om stres te hanteer en goeie emosionele intelligensie as jy dit het.

· Bowenal, geniet haar musiek, dit is ‘n salwing vir die siel!

Ek het in ‘n vorige blog vertel van my broerskind met dieselfde sindroom, daarom dalk dat haar storie en musiek my so aangryp. Ongelukkig het nefie nie ‘n sangtalent nie.

How wonderful it is that nobody need wait a single moment before starting to improve the world. (Anne Frank)